Wiskunde Gereedskap

Basiese wiskunde vaardighede is soos die trappe van ‘n leer wat eenvoudig nie oorgeslaan of gemis kan word nie, veral nie op laerskool vlak nie.

Basiese wiskunde vaardighede stel abstrakte konsepte aan leerders bekend wat vir sommige kinders moeilik kan wees om te verstaan. Wanneer hierdie fundamentele vaardighede by die skool afgejaag word, kan dit gapings in hul kennis laat wat moeiliker word om in te vul soos wat hulle van een graad na die volgende vorder.

Die Educo Plus Wiskunde Gereedskap is akademiese intervensie wat deur EduCo Plus aangebied word, wat ‘n gefokusde en doelgerigte benadering volg om kernkonsepte te versterk, leemtes in kennis aan te vul en noodsaaklike en herhaalde oefening te bied. Dit lei nie net tot verbeterde resultate nie, maar bevorder ook ‘n dieper begrip van die konsep vir lewenslange leer.

afAfrikaans