Lees Gereedskap

Om te leer, lees, spel en verstaan wat jy lees is ‘n kronkelende pad van vordering en vir sommige student makliker om te navigeer as ander. 

Die begrip van disleksie het aansienlik ontwikkel sedert die 1980’s, danksy vooruitgang in narvorsing en tegnologie. Disleksie is ‘n neurobiologiese kwessie wat dikwels as ‘n onverwagte leesprobleem manifesteer, met die inagneming van n kind se klaskameronderrig en kognitiewe vermoeëns. Ongelukkig kan ‘n gebroke onderwysstelsel kinders verkeerdelik diagnoseer en disleksie simptome toeskryf waar dit nie die hoofoorsaak van leesprobleme is nie.

Disleksie en ander leesprobleme kan slegs effektief gediagnoseer word indien gefokusde intervensie plaasgevind het en kognitiewe vaardighede voldoende ontwikkel is vir die taak op hande.

As ouers en onderwysers is dit van kardinale belang om die tekens van ‘n leesprobleem so gou as moontlik te herken. Dit sluit in:

  • Leesvaardighede onder die verwagte leesvlak vir hul ouderdom
  • Probleme met die prosessering en begrip van gesproke taal
  • Sukkel om die regte woorde te vind of om antwoorde op vrae te herroep
  • Sukkel om die volgorde van letters en klanke korrek te onthou en weer te gee
  • Sukkel om die ooreenkomste en verskille in letters en woorde te sien / te hoor
  • Swak spelvaardighede waar die leerder spel volgens die klank wat hy/sy hoor
  • Stadige werkstempo
  • Vermy aktiwiteite waar lees nodig is

Die gespesialiseerde span by EduCo Plus is hier om saam met jou en jou kind die pad te stap, om leer- en leessukses te verseker. Moenie huiwer om die nodige hulp te soek nie – maak EduCo Plus jou vennoot en sit jou kind op die pad na akademiese sukses.

afAfrikaans